Nuwe Baba - hoe gaan dit met jou?

PNDSA Post Natal Depression Support Association South Africa Afrikaans versionGevoelens na die Geboorte
Om vir ‘n nuwe baba te sorg is baie moeilik en voel asof dit nooit ophou nie. Al het jy jouself goed voorberei en daarna uitsien, kan dit nog steeds moeilik wees. Jy sal waarskynlik baie uiteenlopende gevoelens ervaar, vanaf vreugde en opgewondenheid tot gevoelens van frustrasie, skuld en bekommernis. Dit is alles baie normaal en gewoonlik sal jy die ondersteuning en bystand van die mense rondom jou nodig kry.Maar somtyds word hierdie ongelukkige gevoelens so intens en oorweldigend, dat jy eenvoudig nie meer in beheer voel nie. Indien dit sou gebeur, ly jy moontlik aan ND.
Ons kan gevoelens van ongelukkigheid na geboorte so uitlig :

Die “Blues” - ND - Psigose

Die “Blues”
Tot ongeveer 80% van alle moeders ervaar dit na geboorte. Jy kan moontlik vir ‘n paar dae gespanne, huilerig, moeg of gerriteerd voel.

Nageboortelike Psigose
Aan die anderkant van die spektrum is die diepste “blues” wat ‘n baie ernstige, maar raar, wanorde is. Dit is nageboortelike psigose wat slegs een of twee uit elke duisend moeders ervaar. In hierdie geval word die moeder se denke ernstig versteur en benodig sy onmiddellik hospitalisasie of behandeling omdat sy vir haarself en ander rondom haar ‘n gevaar is.

Nageboortelike Depressie en Angstigheid
Tussen 10% en 30% van alle moeders kan aan hierdie depressie ly.
Anders as ander siektetoestande, is ND minder opvallend en is dit moeilik om te identifiseer. Dit het soms gedurende die eerste lewensjaar van die baba ‘n stadige ontwikkelingsproses. Elke moeder is anders en elkeen kan verskillende simptome openbaar. ‘n Moeder mag dalk meer gerriteerd of angstig as hartseer voorkom.Moeders is dikwels bekommerd omdat hulle voel dat hulle “mal” raak. Somtyds ly die moeder al gedurende die swangerskap aan depressie, en sal die “blues” nie sommer vanself verdwyn nie. Anderkere lyk dit asof die ma goed funksioneer,terwyl sy eindelik deur donker buie verswelg voel.

Wat Veroorsaak ND?
Daar is meer as een oorsaak. Nie net ‘hormone’nie, want selfs vaders en aangenome ouers kan dit ervaar.
Dit is gewoonlik ‘n kombinasie van faktore wat dit veroorsaak, soos
om ‘n perfeksionis te wees
om onvoldoende bystand te hÉ
‘n traumatiese geboorte
finansiæle en ander probleme
eensaamheid
‘n onvoldoende verhouding met die kind se pa
‘n vorige geskiedenis van depressie
‘n Vrou se kwesbaarheid net nadat sy geboorte geskenk het, saam met n kombinasie van vele stresfaktore, kan in hierdie tyd daartoe lei dat sy ND ontwikkel.

Behandeling van ND
PNDSA (NDOA) beveel drie dinge aan om ND te oorkom.
Medikasie
Psigoterapie
Individuele of groepterapie
Om met ander ma’s te praat wat werklik weet waardeur jy gaan, kan baie help. Medikasie (anti-depressante) kan help om simptome te beheer. Psigoterapie is duur, maar help tog om onderliggende asook psigologiese probleme te verwerk.

Wat sal help as jy depressief voel?
Moenie deur ander mense onderdruk word deur kommentaar soos; “Ruk jouself reg” of “Jy behoort bly te wees” nie.
Praat met iemand ą Jou klinieksuster of dokter, of ‘n NDO groep of telefoongroep.
Praat met jou eggenoot / lewensmaat of ‘n goeie vriend / vriendin.
Aanvaar dat dit nie jou skuld is nie.
Vra hulp van ander mense.
Beplan genoeg tyd vir rus, asook tyd vir jouself.
Laat jou standarde daal. Jy kan nie meer dieselfde in die huis doen as voorheen nie.
Sluit aan by ‘n ondersteuningsgroep waar jy jou ervarings kan deel en insig kan kry oor wat jy voel.
Neem een treetjie op ‘n slag.

Hoekom ly soveel moeders in stilte?
Omdat hulle skuldig en skaam voel, steek hulle hul gevoelens weg.
Hulle voel miskien as gevolg van die baba meer angstig as depressief en sien dit nie as ‘n probleem nie.
Hulle mag miskien hulp kry vir fisiese simptome van ND, soos moegheid en slapeloosheid, sonder deegelike ondersoek na die onderliggende oorsake.
Die samelewing verwag dat ‘n moeder gelukkig moet wees oor ‘n baba se geboorte en dus is dit moeilik om te erken dat hulle hartseer of ongelukkig voel.
Die mediese en welsynsorganisasies identifiseer nie altyd die depressie nie, of beskou dit nie as ernstig nie.
Eggenote / lewensmaats kan nie verstaan hoe die moeder voel nie en sÉ soms vir haar dat sy haarself bloot moet “regruk”.
Hulle ware gevoelens word weggesteek.

Klink dit Bekend?
Ek voel geĢrriteerd en deurmekaar.
Ek wil gedurig vir geen rede huil nie.
Ek voel altyd uitgeput.
Ek voel hulpeloos, onvoldoende en voel dat ek nie kan tred hou nie.
Ek is heeltyd bekommerd oor my baba.
Ek voel soms bang en paniekbevange.
Ek skaam my vir myself en ek voel skuldig.
Ek weet nie meer wie ek is nie.
Ek stel in niks belang nie.
Ek kan nie soos voorheen slaap nie.
Ek kan nie soos voorheen eet nie.
Ek het nie gevoelens vir my baba nie.
Ek wil nie meer seks hÉ nie.
Ek dink soms daaraan om myself of die baba te beseer.

Hoekom ly Soeveel Moeders in Stilte?
Hul egte gevoelens word geskuil, omdat hulle skuldig en skaam voel
Hulle mag miskein meer angstig as depres oor die baba voel
Hulle mag miskien hulp kry vir die fisiese simtome van ND, (soos moegheid en slapeloosheid), sonder ‘n in diepte ondersoek na die onderleggende oorsake.
Die samelewing verwag dat ‘n moeder gelukkig moet voel oor die baba se geboorte, en dus is dit moeilik om te erken dat hulle sleg voel.
Die mediese, en welsyns organisasies kan moontlik die depressie nie raaksien nie, of skou dit nie ernstig op nie
Eggenote/lewensmaats en familielede kan miskien nie verstaan nie hoe die moeder voel, en mag miskien vir haar se dat sy haarself moet “regruk”

As jy nie seker is of jy miskien aan nageboortelike depressie ly nie, stel ons voor dat jy die volgende skaal voltooi. As jou telling meer as 12 is, praat asseblief met jou kliniek suster, kraamverpleegster, GP of Ginaloog of bel vir ons op 082 882 0072.

EDINBURGH NAGEBOORTELIKE 
DEPRESSIE SKAAL
J.L Cox, J,M Holden, R.Sagovsky, 1987 ( adapted by Liz Mills for use during pregnancy)

Gedurende die afgelope sewe dae:

1. Kan ek die snaakse kant van dinge sien:
So maklik soos ek altyd kon (0)
Nie heeltemal so maklik nie (1)
Definitief nie so maklik nie (2)
Glad nie (3)

2. Kan ek met genot na dinge uitsien:
So baie soos ek altyd het (0)
‘n Bietjie minder as wat ek altyd het (1)
Baie minder as wat ek gewoonlik het (2)
Amper glad nie (3)

3. Blameer ek myself as dinge verkeerd gaan, al is dit nie my skuld nie:
Ja, meeste van die tyd (3)
Ja, soms (2)
Nee, nie dikwels nie (1)
Nee, nooit nie (0)

4. Is ek bekommerd en ek weet nie hoekom nie:
Nee, glad nie (0)
Omtrent nooit (1)
Ja, soms (2)
Ja, dikwels (3)

5. Is ek bang en paniekerig en ek weet nie hoekom nie:
Ja, nogal baie (3)
Ja, soms (2)
Nee, nie so baie nie (1)
Nee, glad nie (0)

6. Sukkel ek om dinge te hanteer:
Ja, meeste van die tyd sukkel ek om dinge te hanteer (3)
Ja, soms hanteer ek dinge nie so maklik soos gewoonlik nie (2)
Nee, meesal hanteer ek dinge redelik goed (1)
Nee, ek hanteer dinge so goed as wat ek altyd kon (0)

7. Is ek so ongelukkig dat ek sleg geslaap het:
Ja, meeste van die tyd (3)
Ja, soms (2)
Nie dikwels nie (1)
Nee, glad nie (0)

8. Voel ek hartseer en ongelukkig:
Ja, meeste van die tyd (3)
Ja, nogal dikwels (2)
Nie dikwels nie (1)
Nee, nooit nie (0)

9. Is ek so hartseer dat ek gehuil het:
Ja, meeste van die tyd (3)
Ja, dikwels (2)
Net soms (1)
Nee, nooit (0)

10. Die idee om myself leed aan te doen het al by my opgekom:
Ja, nogal dikwels (3)
Soms (2)
Amper nooit (1)
Nooit (0)
Telling ( )

Understanding PND

Help for Family and Friends

Help for Depression in Pregnancy